Man van Karakter

Posted: 20/01/2016 in Uncategorized
Tags: , , ,

Hierdie afgelope tyd wonder ek baie oor wie ek is en waar ek kan verbeter. As jy deel is van n gesin met klein kinders kom jy baie vinnig agter waar jou tekort kominge is. So in jou agter kop praat jy met jouself en sê jy vir jouself ek moet werk aan hierdie plek en hierdie plek.

Maar om in jou agter kom net te dink is nie altyd genoeg nie. Wat ek agter gekom het wel werk, is wanneer jy jou besluite om te verbeter en te groei as persoon, met iemand deel, dan kan daardie persoon jou help om verder te gaan as net n gedagte.

Hierdie gedeelte in Daniel is vir my n wonderlike gedeelte. n Stukkie wat n mens baie maklik kan oorsien want dit behels nie vuur uit die hemel nie, of n tipe van n wonderwerk wat jou hoendervleis gee nie.

Daniel 6:4 NLT
http://bible.com/116/dan.6.4.NLT

Then the other administrators and high officers began searching for some fault in the way Daniel was handling government affairs, but they couldn’t find anything to criticize or condemn. He was faithful, always responsible, and completely trustworthy.

Daniel het alles reg gedoen omdat hy n standaard gehandhaaf het. In die lewe waarin ons nou leef word die vraag gereeld gevra, "hoekom doen ons nie goed maar onder die tafel deur nie?" Daniel was in n hoë pos gewees en hy het dit reg gekry om n man van integriteit en karakter te wees. Hoekom sukkel so baie van ons om onder druk. Sodra iets in my lewe gebeur, en dit is nie volgens hoe ek daarvan hou nie, dan gooi ek my toys uit die kot uit.

Elke dag is daar werk wat ons moet doen aan onsself. Hierdie werk is nie altyd lekker nie want ons word geskaaf en gevorm. God wil graag die wereld uit ons hê en ons volmaak met Homself.

Ek dink my hart, na ek hierdie skrif gelees het, is maar net dat ek en jy soos Daniel onsself kan opbou om manne en vroue van karakter en integriteit sal wees.

Gebed:

Here, baie dankie dat ek my lewe in U hande kan plaas. Ek weet as mens het ek baie tekortkominge. Daarom rig ek my gedagtes en hart vandag na U en wil ek vra, Vader, help my om die persoon te wees wat U wil hê ek moet wees. Help my om my karakter te bou dat ek soos Daniel, kan bly staan wanneer die vyand my wil beskuldig. Dankie vir U liefde, genade en blydskap. Ek gee myself vandag vir U om te gebruik as instrument. In Jesus naam bid ek dit.

Amen….

Mag elkeen n wonderlike dag verder beleef en mag jy God se vrede en blydskap bonatuurlik ervaar.

Blessings

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s